Vivo Boerebemarkingsdag

Tickets

Registrations are closed

Vivo Boerebemarkingsdag

VIVO BOEREBEMARKINGSDAG 2024 – GROOTSTE LANDBOU-EKSPO IN LIMPOPO!


Limpopo se grootste LANDBOU-EKSPO, die jaarlikse VIVO BOEREBEMARKINGSDAG is terug in 2024 – en beloof om nog groter te gaan as ooit tevore! Hierdie fantastiese Landbouskou vind plaas op 30-31 Augustus 2024 te Vivo, Limpopo.

Die Boerebemarkingsdag is die hartklop van die klein boeredorp Vivo en die hoofbron van inkomste vir die plaaslike skool – CVO Skool Vivo. Hierdie geleentheid is ‘n fantastiese bemarkingsgeleentheid vir besighede om met boere van regoor die hele Limpopo besigheid te doen. Die Boerebemarkingsdag bied ook ‘n unieke platform waar produsente hul kennis kan uitbrei t.o.v die nuutste tegnologie, produktiwiteitsoplossings en enige Landbou verwante kwessies.

Verder bied die Bemarkingsdag geleentheid vir besighede om te netwerk met plaaslike en provinsiale boere op ‘n informele, boeremanier!

“Die hoof fokus van hierdie bemarkingsgeleentheid is om die boer en die besigheid bymekaar uit te bring. Ons nooi boere van regoor die hele Limpopo om die naweek te kom bywoon en ons moedig besighede aan om interaktief hulself te bemark, asook om met die boere te netwerk, verlede jaar het ons boere so ver as Koster gehad wat kom saam kuier het!” het die voorsitter van die Vivo Boerebemarkingsdag asook Hoof Uitvoerende Beampte van AL 3 BOERDERY, C.T. van der Merwe gesê.

Vir 2024 beplan ons weer ‘n Vroue Fees – om die boervrou te vier! Beplanning vir die Vroue Fees is nog in die pyplyn, maar ons beplan sprekers, gaskunstenaars, werkswinkels ens. wat ons vroue sal geniet en besig hou.

En natuurlik word daar vir boere ‘n uitstekende Landboudemonstrasie – waar hul die nuutste landbou tegnologie, trekkers & toerusting kan kom uittoets. Of kom luister na die boeiende paneelgesprekke wat aktuele sake t.o.v Suid-Afrika se toekoms & Landbou ens. gaan bespreek, aangebied deur Chris Burgess van Landbouweekblad.

Die VIVO BOEREBEMARKINGSDAG 2024 nooi graag almal – oud en jonk uit, om hierdie trotse boere familie naweek, saam te kom geniet!!!


Tickets

Registrations are closed
Date & Time
Friday, August 30, 2024
Start - 9:00 AM (Africa/Johannesburg)
Saturday, August 31, 2024
End - 9:00 AM (Africa/Johannesburg)

Add to Calendar

Location

Vivo Boerebemarkingsdag

Vivo LP
South Africa
--Vivo Boerebemarkingsdag--

Get the direction

Organizer

Vivo Boerebemarkingsdag

--Vivo Boerebemarkingsdag--
SHARE

Find out what people see and say about this event, and join the conversation.